Red ’n Plaas – Red ’n Gemeenskap

Red ’n Plaas
Red ’n Gemeenskap

Die projek is ’n inisiatief van die NG Kerk in Noord-Kaapland in vennootskap met Agri Noord-Kaap. Die projek word gekoördineer deur die taakspan gemeenskapsversorging van die NG Kerk in Noord-Kaapland.

Uitdaging

Ambassadeur

Raak ‘n ambassadeur vir die Red ‘n plaas, Red ‘n Gemeenskap Rampfonds loods jou eie fondswerwing inisiatief ten bate van die Red ‘n plaas, Red ‘n Gemeenskap Rampfonds. Skole, Dorpe, Kerke of enige tipe gemeenskap kan deelneem aan die projek.

Die rampfonds fokus daarop om landelike gemeenskappe by te staan wanneer natuurrampe in die Noord-Kaap plaasvind.

Wie Is Ons

Agtergrond

Die Noord-Kaap en omliggende streke is die afgelope jare geteister deur ’n verskeidenheid natuurrampe wat veral kleiner plattelandse gemeenskappe erg geraak het.

Histories word die Noord-Kaap getref deur droogte en vloede langs die laer Oranjerivier maar die hoë voorkoms van veldbrande is ‘n nuwe verskynsel. Die drastiese toename in veldbrande word gekenmerk deur uitermate hoë intensiteit en langdurigheid.

Verder word die Noord-Kaap gekonfronteer met ongewone klimaatstoestande wat hoë brandindekse veroorsaak asook ‘n tekort aan gunstige toestande vir wydverspryde reën. Hierdie uitdagings sluit in veranderende weerpatrone, wat ‘n direkte uitwerking op die normale seisoenale reënval het, met die meeste gebiede wat min tot geen reën ontvang het, asook hoë volumes droë weiding wat maklik brand, en sterk winde. Dit is alles faktore wat bydra om die ramptoestand te vergroot.

Gemeenskappe in die Noord-Kaap sukkel nog steeds om die effek van die langdurige droogte af te skud en moet nou ook die nuwe uitdaging van die skade deur brande die hoof bied.

Ons droom met hierdie Red ’n Plaas – Red ’n Gemeenskap projek is om ’n rampfonds op die been te bring sodat daar waar rampe ontstaan –

N

Onmiddellike humanitêre hulp verleen

N

Pastorale hulp kan voorsien word in die vorm van opgeleide traumaberaders

N

Voorsiening van pastorale begeleiding in die gemeenskap om sy veerkragtigheid te herwin

In die hulpverlening speel kerke in samewerking met die georganiseerde landbou (Agri NK) ’n belangrike en unieke rol. Gemeenskappe se welstand in die Noord-Kaap rus op twee pilare –

Kerklike instellings en gesonde landbou instellings. In elkeen van ons kleiner gemeenskappe figureer hierdie instellings sterk en vorm hulle die ruggraat wat verantwoordelikheid neem vir die welstand van die gemeenskap.

Rampfonds

Doel van die projek

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Noord-Kaapland het in samewerking met Agri Noord-Kaap, sedert 2019 ‘n bewese rekord van hulpverlening in hierdie streek.

Sowat R13.1 miljoen is ingesamel en R13.1 miljoen is versprei vir humanitêre en pastorale verligting aan die droogtegeteisterde gemeenskappe in die Noord-Kaap.

Daar is seker gemaak dat elke sent wat ingekom het, uitbetaal is. In die verlede is die grootste deel van die finansiele hulp was aangewend om boere te help deur hul kinders se toekoms te verseker deurdat die leerders se skoolfondse en studiegeld betaal is.

In die toekoms sal dit oor die algemeen fokus op rampe as geheel, om landbouers en landbou gemeenskap te ondersteun tydens hulle tyd van nood.

Dankie aan RSG as borg vir die bewusmakingsprojek en R500 000 se lugtyd en sosiale media blootstelling.

Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Rampfonds
Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Rampfonds
Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Camino
Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Camino
Red-‘n-plaas, Red-‘n-Gemeenskap
Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Rampfonds
Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Rampfonds
Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Camino
Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Camino
Red-‘n-plaas, Red-‘n-Gemeenskap

Camino

Wees deel van die Stappers Gemeenskap

Kom maak ’n verskil deur ’n tree te gee!

Ons is trots daarop om vanjaar hierdie inisiatief in bereik van almal te bring.

Belangstellendes kan op die volgende wyses betrokke raak –

STAP SAAM
Die Red ‘n Plaas, Red ‘n Gemeenskap Camino vind plaas vanaf 6-12 April 2024 in die Victoria-Wes distrik. Die Camino strek oor 7 dae waar stappers ‘n afstand van 139 km gaan aflê. Kom stap saam met ongeveer 100 ander stappers.

Voornemende stappers word aangemoedig om onmiddelik in te skryf siende daar sleg plek vir 100 stappers is. Ons moedig voornemende stappers aan om hul deelname aan die camino te gebruik om fondse in te samel vir die rampfonds.

Inskrywings kan gedoen word op die webwerf van Tankwa Camino.

VIRTUELE STAP
Ons daag oud en jonk uit om deel te wees van die Virtuele Stappers Gemeenskap.

Kerke, Skole, Besighede, Aftreeoorde, Sportklubs, individue en soveel meer kan saam stap, of jy nou in Brakpan, Kaapstad of Duitsland bly.

Almal is welkom om saam te stap, of selfs met ’n fiets of rolstoel te ry – op jou plaas, om jou Kerk, skool of sommer by die straat af.

Enige persoon kan deel raak van hierdie inisiatief om sodoende fondse in te samel vir rampe in die Noord-Kaap.

Klik HIER vir jou meer inligting.

Ons nooi alle Suid-Afrikaners uit wat as individue, gesinne, gemeenskappe of organisasies met ons wil saamwerk, om meer te lees volg ons op Facebook.

Kontak Ons Projekkoördineerders
Ds. Kobus van Tonder – T. +27 76 530 4028 / E. kobusvt04@gmail.com
Ds. Deon van der Berg – T. +27 83 448 3791 / E. deon@ngstella.co.za
Mev. Janine Byleveld – T. +27 73 291 0557 / E. janine@agrink.co.za

Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Rampfonds
Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Rampfonds
Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Camino
Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Camino
Red-‘n-plaas, Red-‘n-Gemeenskap
Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Rampfonds
Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Rampfonds
Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Camino
Red-'n-plaas, Red-'n-Gemeenskap Camino
Red-‘n-plaas, Red-‘n-Gemeenskap

Camino

Wees deel van die Stappers Gemeenskap

Kom maak ’n verskil deur ’n tree te gee!

Ons is trots daarop om vanjaar hierdie inisiatief in bereik van almal te bring.

Belangstellendes kan op die volgende wyses betrokke raak –

STAP SAAM
Die Red-‘n-plaas, Red-‘n-Gemeenskap Camino vind plaas vanaf 6-12 April 2024 in die Victoria-Wes distrik. Die Camino strek oor 7 dae waar stappers ‘n afstand van 139 km gaan aflê. Kom stap saam met ongeveer 100 ander stappers.

Voornemende stappers word aangemoedig om onmiddelik in te skryf siende daar sleg plek vir 100 stappers is. Ons moedig voornemende stappers aan om hul deelname aan die camino te gebruik om fondse in te samel vir die rampfonds.

Inskrywings kan gedoen word op die webwerf van Tankwa Camino.

VIRTUELE STAP
Ons daag oud en jonk uit om deel te wees van die Virtuele Stappers Gemeenskap.

Kerke, Skole, Besighede, Aftreeoorde, Sportklubs, individue en soveel meer kan saam stap, of jy nou in Brakpan, Kaapstad of Duitsland bly.

Almal is welkom om saam te stap, of selfs met ’n fiets of rolstoel te ry – op jou plaas, om jou Kerk, skool of sommer by die straat af.

Enige persoon kan deel raak van hierdie inisiatief om sodoende fondse in te samel vir rampe in die Noord-Kaap.

Klik HIER, vul die vorm in en ons stuur vir jou meer inligting.

Ons nooi alle Suid-Afrikaners uit wat as individue, gesinne, gemeenskappe of organisasies met ons wil saamwerk, om meer te lees volg ons op Facebook.

Kontak Ons Projekkoördineerders
Ds. Kobus van Tonder
T. +27 76 530 4028 | E. kobusvt04@gmail.com
Ds. Deon van der Berg
T. +27 83 448 3791 | E. deon@ngstella.co.za
Mev. Janine Byleveld
T. +27 73 291 0557 | E. janine@agrink.co.za

Sluit aan by ons missie. Vrywilliger, skenk, advokaat. Begin vandag.

Email. info@rednplaas.org.za
Skakel. +27 73 291 0557

Die fonds word geadministreer deur Caritas Gemeenskapsfokus NPC, die maatskaplike dienste organisasie van die NG Kerk in Noord-Kaapland.

Regisrasienommer van NPO: 007-404 NPO

Rekeningbesonderhede
NG Kerk Rampfonds
Eerste Nasionale Bank
Rek nr 62614450435
Takkode 230101
Verwysing: Rampfonds + Jou Naam