Ons daag oud en jonk uit om deel te wees van die Virtuele Stappers Gemeenskap.
Kerke, Skole, Besighede, Aftreeoorde, Sportklubs, individue en soveel meer kan saam stap, of jy nou in Brakpan, Kaapstad of Duitsland bly.
Almal is welkom om saam te stap, of selfs met ’n fiets of rolstoel te ry – op jou plaas, om jou Kerk, skool of sommer by die straat af.
Enige persoon kan deel raak van hierdie inisiatief om sodoende fondse in te samel vir rampe in die Noord-Kaap.